Incanda

Happy Customers

 

HAPPY CUSTOMERS

Thomas

Hallo Gerhard, Karel, Lee en res van die span.

Ek het Woensdag my banke ontvang – nadat julle my in vele opsigte akkommodeer het. Die banke was vinnig klaar vervaardig – met al die spesifikasies wat ek verander wou he, dit vir my gestoor vir amper 2 maande en dit afgelewer soos bespreek – op tyd.

EN ek hou baie daarvan!! Dis presies wat ek wou gehad het! Baie dankie – en natuurlik ook vir die leersorg pakkie. Dankie ook vir Lungisa wat dit vir my kom aflewer het. Ek sal met groot vrymoedigheid julle meubels vir enigiemand aanbeveel.

Baie waardering,

Thomas

 

Deleria Smit

Hallo,

Ek wil net BAIE DANKIE se vir my ROOI bank wat so mooi oorgedoen is. Ek is regtig beindruk en sal ALMAL aanbeveel om jul produk te koop. Nogmaals dankie vir jul puik diens.

Best regards,

Delaria

 

Ada

Hallo Lee,

Aangeheg is die betalingsbewys vir die leerbank. Die bank is absoluut “stunning”, het al my vriende al gebel om te kom kyk.

Groete

 

Natasha

Hallo Lee,

Vreeslik dankie vir die nakoming van jul onderneming om ons besonderse mooi bank af te lewer voor die troue! Dit word opreg waardeer en jul diens was uitstekend. Ons is baie in ons skik met die kopie en nie ‘n dag spyt ons het Incanda ondersteun nie. Ek glo hy gaan nog jare lekker sit.

Vriendelike Groete,

Natasha

 

Marleen Lourens

Uiteindelik is alles reg!

Ek is baie tevrede met AL my inkope (leerbank en eetkamertafel) van Incanda en voorsien dat ek nog BAIE geld gaan uitgee by julle in die toekoms. Lee, by jul Rosenpark-tak, is ‘n geweldige aanwins vir julle. Sy is nie net uiters hulpvaardig nie, maar ook kreatief met baie insig en goeie voorstelle!

Vriendelike groete,

Marleen

 

Gancedo

Dear Helene,

Just a few lines to thank you for your time and interest during our recent visit to your premises in Cape Town. It was my pleasure to meet you and be aware of your stunning projects.

We are already working in the samples ordered during the visit and Black fabrics will be shortly handling them to you. We trust these will be of help in your projects and we will be proud to serve you. Needless to say that you will be always welcome in Spain and we look forward to meeting you soon.

Kindest regards,

Gancedo

 

Dawid

Baie dankie vir die pragtige bank van my. Ek het vir die eerste uur nadat dit afgelewer is net gesit en die bank bewonder van n afstand af. Dit was aangenaam om besigheid te doen met jou en jou wonderlike staff. Leslie en sy span was op tyd en baie professioneel. Die wyn en leer politoer was n baie mooi gebaar en baie gaaf van julle.

 

Liesel Viljoen

Vreeslik dankie vir my pragtige bank! Ek is werklik waar opgewonde! Ek sal julle beslis aan beveel!

 

Arno & Mabru Marias

Namens myself en Arno wil ons graag vir Incanda baie dankie sê vir die puik kliëntediens wat ons vandag gekry het. Dit wys vir ons dat julle na jul kliënte omsien en daardie ekstra myl sal loop om jul kliënte tevrede en gelukkig te hou

 

Carol Hodes

I have bought from you guys a few times in the past and am sure I will do so again in the future. I love my couch and ottoman I bought!

 

Vanessa

We absolutely love our new couch! I have also passed on your website details to friends who might be looking to buy leather couches…

 

Lana

Just a quick note of thanks for our bed and side tables. They look great and we are very happy with them.

 

Neill & Johanna Jackson

We are delighted with our couch, it is exactly what we wanted! Thank you all so much for your advice and assistance and your very professional manner in all your dealings with us. We will continue to recommend Incanda to all of our friends, and look forward to dealing with you again one day.

 

Anne-Mari

Baie dankie vir uitstekende diens ! Voorspeod en God se seen vir julle en die besigheid.

 

Paul, Tracy, Dane, Kerry & Robbie Collinridge

I am still over the moon! Our couches were delivered today, I have not been able to leave our lounge! Thank you all for your assistance, patience and professionalism. We are very happy with your service all round and our purchase, they have completely (naturally) changed the look of our lounge.

 

Melanie Stander

Net om baie dankie te se vir die puik diens wat ons van Incanda gekry het. Van die eerste keer wat ek by julle ingestap het, tot die finale produk by ons afgelewer is, was alles eenvoudig fantasties. Lesley het van die begin uit sy pad gegaan om my te help met die keuse van stoele en met ‘n glimlag het hulle die swaar stoele deur die hele hospitaal gedra! Baie dankie aan almal wat my met vriendelikheid behulpsaam was – die ontvangsdame, Alet, Lesley en Gerhard – julle is voorwaar ‘n wonderlike span! Ek sal beslis almal wat opsoek is na meubels, na julle verwys.

 

Brenda

Ek verseker jou dit is een van die beste beleggings wat ek nog ooit vir my huis gemaak het. Die kinders kan nie glo dit is ons OU banke nie! Ek moet net keer of ons slaap ook daarop! Mooiste wense vir jou en die onderneming!

 

Madeleine de Nysschen

Ek moet julle komplimenteer op die goeie indruk wat julle winkel/vertoonkamer maak en die feit dat julle werkswinkel oop is – dit skep vertroue in julle produk. Dit is beslis van ‘n baie goeie gehalte terwyl die prys meeding met ander meubelwinkels waarvan die produk gehalte nie naby julle sin kom nie. Julle diens is ook persoonlik en baie goed. Ek sal julle beslis aanbeveel aan enige iemand.

 

Maryke Cloete

My opregte dank aan Icanda “for a job WELL done”. Die bank lyk fantasties en 10 keer mooier was wat ek ooit kon voorstel. PUIK!!!! Weereens dankie vir al jou moeite en jou vriendelikheid wat dit ‘n plesier gemaak het om besigheid met julle te gedoen het.

 

Brigette Worrall

I am not sure if your newspaper will publish my letter but I truly believe that for once I have received service that desperately needs other people to hear about it. Even if at the end it merely gives people hope that good service does exist.

In October last year I purchased a leather couch from Incanda Leather Furniture in Paarl for our holiday home in Kleinmond.
However only a few months later, we have noticed that the cushioning on the one arm has collapsed and so I took a few photos and sent them to Incanda with an explanatory email. I honestly never thought that I would really get an answer any time soon and that I would have to chase after the owner to get some response.

However herewith the email response that I received almost instantaneously:

Morning Brigette
I have been looking at your pictures. I can assure that is has nothing to with the framework itself but it is defnitely the padding. Sometimes these things can happen. This is only the second case I have in 6 years.
I will be brutally honest with you with what happened in this case as in the other case. At that spesific spot on the armrest are 2 sets of foam joining each other with glue, spesificly used on foam. The reason for collapsing is that there were too little glue on the foam. And I take full responsability for this matter. Though, it is a very simple adjustment to fixed your problem. It is unlikely that we will keep the couch for a week to repair the problem.
I also CC Lesley Davids, our logistical manager, so that he can contact you regarding the pickup and delivering of your couch.
Lesley, can you please keep my updated with the progress of this matter.

Lesley has indeed been in touch and my couch is being collected a week and a bit after I sent the complaint. I was completely blown away by the honest answer from Hendri and the immediate follow through.
So please can you allow this letter to be printed so that others can also benefit from a company that takes their craft seriously and their responsibility even more seriously.
Many thanks

 

Hennielene Botha

Baie gelukkig met die diens – sal julle beslis aanbeveel en weer daar koop.

 

Suzette Vorster-Van Acker

Baie dankie aan almal by Incanda vir my pragtige meubels. Dit was ook heerlik om met julle te werk. Julle diens is uitstekend en dis so lekker om met ‘n klomp aangename mense te werk! Gerhard, jy het ‘n besondere span mense. Ek kan baie liries raak want dit is baie selde dat mens deesdae nog hierdie tipe ondervinding raakloop. Ek hoop dat ek binnekort nog meubels vir my studio kan bekostig (daar is nog so paar goedjies op die die wenslys vir later.

 

Gawie en Marethe Cillié

Baie dankie vir die puik diens. Die aflewering na Sandbaai was betyds. Die koffietafel lyk great. Ons is baie tevrede.

 

Anja en Hano Kleynhans

Baie dankie. Ons is baie tevrede en dit lyk pragtig.

 

Hendrika can der Merwe

Baie dankie aan die uitstekende, professionele diens – Chris was uiters behulpsaam en geduldig (natuurlik is dit nie ‘n maklike besluit om te neem met die keuse van meubels nie). Ek gee julle 9 – die hele span verdien ‘n pluimpie. Baie dankie.

 

Nicola Saayman

Baie tevrede dankie

 

Carla van Schalkwyk

Julle is klomp wonderlike mense bymekaar. Julle het wenresep!
Etienne Heyns

Baie gelukkig. Lojaalste klant! Dankie Julle!

 

Minette van Wyk

Baie baie dankie! Die diens was goed en vriendelik en ons is baie tevrede met ons bank!! Gaan vir jare nog vir ons baie plesier gee. Baie voorspoed met jul besigheid, dit kan net van krag tot krag gaan!!!
Werner Bekker

TWEE Bekke Vol Tande!!

 

Carla Knierim

Afleweringsouens was baie fluks en vinnig, maar het ongelukkig vergeet om die leer behandeling te gee. Dalk ‘n klein bladsy wat sorg/behandeling van die leer opsom? Ek soek dit tans op die website.
Etienne en Geraldine Heyns

Moontlik is die volgende kommentaar nuttig:

Sorg van ‘n leer-item so pragtig soos jul meubels is van groot belang. Na afloop van ons eerste bank-aankoop BAIE jare gelede het dit ‘n groot indruk op ons gemaak om ‘n eenvoudige dokumentjie te ontvang, met ‘n blikke doepa, wat raad en riglyne voorsien het vir die versorging van ons nuwe leer-meubelstukke. Vandaar die feit dat ons Incanda-meubels steeds in uitstekende toestand is….

Die banke en stoele wat ons hierdie keer aangeskaf het, is van gemsbokleer, wat ‘n ander tekstuur en voorkoms het. Ons wonder of dit ander versorging verg? Geraldine gaan mettertyd die vertoonlokaal besoek om navraag te doen. En uit te vind of daar ietsie te koop is wat ons kan aanwend om die leer te voed en te versorg….

 

Freddie Nel

Baie dankie vir u puik diens. Ek sal u by enige van my familie of vriende aanbeveel. Hoe so aan!

 

Mariana Nel

Ek is baie gelukkig met die oortrek van die stoele. Al die stoele lyk baie mooi en is baie netjies oorgetrek – ek sal weer in die toekoms van Incanda se diens gebruik maak.

 

Jean Lloyd

Incanda was well priced compared with other leather furniture we found on the market, and I’m really happy with the quality of our three pieces of furniture. Mignon was helpful and friendly. Only reason the score was a ‘4’ and not a ‘5’ was the long waiting period – our order went in in November and we received the furniture right at the end of January. I understand the factory closed over December (Mignon was very clear in explaining timelines to us), but thought you could improve capacity in the factory so that work could’ve started before the holidays so we wouldn’t have had to wait for 2.5 months for delivery. But in general, very happy and will recommend Incanda.

 

Danie de Waal-Rossouw

Ons gelukkig met die diens wat julle verskaf het.

 

Marietjie Jansen

Goeie en vriendelike diens en natuurlik, puik produk.

 

Rose Strutt

Ek is baie gelukkig en tevrede met my twee leerbanke en stoel. Dit lyk pragtig in my sitkamer! Baie dankie vir jul vriendelike en professionele diens!

 

Tim Tarr

Everyone at Incanda, right up to the guys who delivered our furniture, were outstanding. We are so happy with the quality of our purchase. Many thanks.…

 

Leigh Leibbrandt

Ek was erg beindruk met julle afleweringspan se bereidwilligheid, buigsaamheid en gretigheid om te help!!

 

Karin Heroldt

Ek sou dit waardeer het indien ek n foto of n oproep kon kry voor die material oorgetrek was, aangesien die patroon heelwat groter is in lewende lywe as op Hertex se website.So miskien Hertex se fout op hul website…

 

Gys Liebenberg

Alles is volgens skedule gedoen en dit lyk pragtig. Ongelukkig is 3 van die rugleuning se kussings se groottes nie heeltemal korrek nie. Die probleem is tot op hede baie profesioneel hanteer. Dankie

 

Kobus van der Merwe

Moontlike updates terwyl vervaardiging aan die gang is sal gaaf wees.

 

Berdine Esterhuyse

Die rusbank is ‘n pragtige meubelstuk, maar dalk het ek ‘n te vinnige besluit geneem want noudat ek dit gebruik, vind ek dit net te hoog en hard wat dit ongemaklik maak om TV te sit en kyk (die rede hoekom ek dit gekoop het). Ek’t reeds 2cm van die voete laat afsny, maar dis steeds is te hoog so ek sal dit nog 2 cm laer moet maak, MAAR dis my fout, nie Incanda s’n nie

 

Jamie van Wyk

Jamie van Wyk – Amazing products… Absolutely in love with my couch! Great service and will definitely be back.

 

Llewellyn en Irna Louw

Julle diens en meubels is voorwaar honderdbedonerd en die kwaliteit van julle eindproduk is iets waarop julle rêrig trots kan wees! Die span wat die meubels af/opgelaai het was ook baie behulpsaam en vriendelik. Sodra die ander meubelstukke klaar en afgelaai is stuur ek die foto’s. Groete Llewellyn

 

Anne-Marie Retief

Vriendelik en hulpvaardig. Ons meubels is van hoogstaande kwaliteit. Stoffering is puik. Afgelewer ‘n dag vroeër as verwag! Ons is baie tevrede! Doe so voort!

 

Mike Wiese

Excellent support in store and during delivery. We really appreciate the patience and advice. Incanda would definitely be on our recommendation list and we hope to be your customer again in the future.

 

Ronel Mentz

Very happy, thank you.

 

Gys Liebenberg

Baie dankie dat julle die kussingprobleem so vinnig opgelos het. Dit getuig dat jul agter jul produkte staan. Groete en dra ons dank oor aan die res die span.

 

Jurie Matthee

Baie goeie diens en so tevrede. Kan vir enige iemand aanbeveel. Ek het ‘n probleem gehad met aankope en almal het my so mooi gehelp.

 

Christine du Toit

Ek was baie tevrede met die diens! Die banke was voor skedule klaar en hulle het my betyds laat weet om aflewering te skeduleer. Al die persone wat met my gekommunikeer het, was ook baie vriendelik. Twee van my vriende spaar nou ook vir banke by Incanda na hulle ons s’n gesien het!

 

Nico van Schalkwyk

EK verstaan dat die oorspronklikke haakplek agv nuwe personeel was en waardeer dat dit vinnig uitgesorteer was.

 

Helena Janse van Rensburg

Dis ‘n plesier om met Incanda besigheid te doen. Diens is professioneel. Personeel baie vriendelik. Kwaliteit van produkte uitstaande. As Incanda bevestig dat produk oor 7 weke gereed sal wees, dan is dit so.

 

Henriette Pelser

Baie dankie, dit was lekker om met julle besigheid te doen. Ek is baie tevrede met die verkoopsdiens en ook die finale produk.

 

Sanetha Meintjies

Ek het ietwat van ‘n teleurstelling gehad met my aankope van ‘n paar jaar gelede maar groot was die verrassing met die diens. Iets wat mens as verbruiker mos nie meer ken nie. A.g.v. julle goeie diens sal ek beslis weer by julle koop en Incanda aanbeveel en ek weet dit was die regte besluit om my geld in julle meubels te belê. Almal met wie my paaie gekruis het was uiters professioneel en ‘n baie groot dankie aan Chris. Daar was nie geskroom om ‘n teleurgestelde klient te skakel nie wat my baie beindruk het en deur die proses was daar die heeltyd gekommunikeer. Ek gee ook die erkenning aan die drywer en sy assistent – uiters profesioneel gewees en baie vriendelik! Ek glo dit is hoekom dit altyd goed sal gaan met Incanda want dit is nog omgee mense.

 

Angela de Klerk

Thank you so much for the great service! Our couches and chairs arrived far sooner than we expected. Thank you! (We recently ordered a piece of furniture from a competitor and the delivery date kept being pushed out.) Our higher chair legs will be with us soon-thank you for making them to our specs. We are very happy with how the chairs and couches fit in our lounge. One of our favourite things is the little red ‘Incanda” tag.

 

Riaan Swart

Dit is belangrik om die produk na te gaan voordat dit afgelewer word. My produk was nie reg nie en moes toe weer teruggeneem word. Die opvolg en hantering van die probleem was egter eerste klas.
I love your range of furniture and accessories. We moved into a new house last year and I’ve been ordering furniture for it since then and will continue to do so – I have a long list of items on my wish list. The service received from Ockerlene was outstanding. My recent purchase was a leather bed base and headboard and two side pedestals. I wanted two mirrors made out of same wood and Ockerlene very kindly arranged this for which I am most grateful for. It looks amazing in my bedroom and now to get a quote for the next thing.

 

Michelle

Uitstekende diens en uitstekende produkte! Die vertoonlokaal lyk baie mooi en verander gedurig.

 

Lizette de Jongh

Baie baie dankie vir julle uitstekende diens! Ons is baie gelukkig!!

 

Candice van Wyk

Thank you so much for the delivery and the great service. Give my regards to the team and we will definitely advertise the excellent goods and service we got from incanda.

 

Michelle du Plessis

Ek kon self nie my meubels in ontvangs neem nie maar my ouers het en beide is geweldig beindruk met julle diens en gehalte en kwaliteit. Baie dankie! ek het nou net van die agent verneem dit is op die skip en oppad! Ek sien verskriklik uit na my nuwe goedjies wat oppad is!

 

Suzette Vorster-Van Acker

Hi Incanda span! Ek wil net sê BAIE dankie (weereens) vir die manier waarop julle besigheid doen. Dit is altyd lekker om met julle te werk en ek het groot waardering vir die feit dat julle nog bereid is om moeite te doen vir julle kliente. Julle is sterre! BAIE DANKIE